DOROTHY SE VISKOEKIES
- 2 blikkies vis in tamatiesous, giet sous af, haal graatjies uit en druk fyn
- gerasperde ui
- 4 snye brood, gekrummel
- sout en peper na smaak
- visspeserye na smaak
- pietersielie na smaak
- 2 eiers
- ± ¼ koppie blatjang
- ongeveer 1 koppie koekmeel
Meng alles goed saam en laat staan so 15 min. Ek voeg dan bietjie koekmeel by en meng dat balletjies gemaak kan word en nie aan jou hande vassit nie.
Koekmeel maak dit meer hanteerbaar.
Maak bolletjies, plaas in die warm olie, druk effen plat en bak in olie tot goudbruin.
Pasop dat olie nie te warm is nie, maar ook nie te koud nie..
Nota:
Johan Westenberg – Ek het vanaand Dorothy se viskoekies gemaak. Sy kan nog ‘n “Tried and Tested” stamp kry.
Resep en foto: Dorothy Vermeulen Van Zyl