Your Recipe Blog

DOOPSOUS VIR KRUMMEL SAMPIOENE

DOOPSOUS VIR KRUMMEL SAMPIOENE

  • knopie sampioene
  • geklitste eier
  • gegeurde koekmeel
  • gekoopte broodkrummels
  • olie vir diep braai

Doop klein knopie sampioene in geklitste eier dan in gegeurde meel volgens jou smaak, dan weer in die eier en dan in krummels. Plaas in yskas tot benodig vir omtrent 2 ure.
Braai in dieperige olie vir ‘n paar minute tot mooi goudbruin.
Haal uit en plaas op kombuispapier.

  • Doopsous:
  • 125 ml mayonaise
  • 1 eetlepel sterk rissiesous
  • 1 eetlepel fyn gekapte knoffel
  • 1 teelepel suiker

Meng alles saam en gebruik om die sampioene in te doop.

Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page