DOOPSOUS VIR ALLES
In 1988 gee nuwe buurvrou en nuwe vriendin vir my hierdie doopsous resep.
Dit was werklik nog nooit weer nodig om enige ander resep te probeer nie.
Die doopsous kan vir maande in die yskas gehou word.
- Meng saam:
- 1 bottel mayonnaise (790 g)
- 1 blik kondensmelk (385 g)
- 60 ml suurlemoensap
- 25 ml Worcestersous
- 50 ml pietersielie, vars of gedroog
- 5 rooi snoepuie, fyn gekerf (cocktail onions)
- 4 agurkies, grof gerasper
- 1 middelslag ui, fyn gekerf
- 2 ml sout
- knippie rooipeper
Plaas in ‘n bottel wat goed seël en bewaar in die yskas.
Gebruik as broodsmeer, by gekookte eiers, koue vleis, warm vleis, chips, salty crax en enige-iets anders waaraan jy kan dink.
Resep en foto: Sharon Matthyser