DONUTS MET VLAVULSEL
Resep en foto: Elaine Steyn
- Donuts:
- 180 ml kookmelk
- 70 g suiker
- knippie sout
- 1 pakkie kitsgis
- ¼ koppie warm water
- 4 koppies gesifte koekmeel
- 80 ml botter of margarien
- 2 ekstra groot geklitste eiers
- olie vir diepbraai
- Voeg water en botter by melk en roer tot suiker opgelos en botter gesmelt is.
- Laat afkoel tot sterk louwarm.
- Meng koekmeel, sout en gis.
- Maak holte in die middel en voeg louwarm melkmengsel en geklitste eiers daarby.
- Meng goed en knie sowat 4 minute tot deeg nie meer vassit aan skottel nie. (Dit deeg sal stywerig wees).
- Bedek en laat rys op warm plek tot dubbel in volume – sowat 30 – 45 minute.
- Rol 1.25 cm (12.5 mm) dik uit en sny in lang werpige stroke.
- Vorm donuts se punte.
- Plaas in ge-oliede bord of bak.
- Bedek met skoon vadoek en laat rys weer sowat 30 – 40 minute tot lig.
- Laat olie warm word (toets met klein stukkie deeg en sodra dit bak, sit eerste donut in en stel plaat sodat dit nie te vinnig bak nie – anders is dit buite bruin en binne nog nie gaar nie.
- Haal uit sodra mooi bruin aan beide kante en sit op handdoek papier.
- Laat koud word op rooster.
- Sny oop en vul sodra afgekoel het.
- Jy kan dit vul met styfgeklopte room, of met ‘n vla vulsel.
- Vlavulsel:
-
2 eiergele
-
1 eier (geel en wit)
-
3 koppies melk
-
½ koppie suiker
-
80 ml Maizena
-
knippie sout
-
1 teelepel vanilla geursel
-
2 eetlepels botter
-
Maak Maizena aan met ½ koppie van die melk.
-
Klits eiergele en eier en meng saam met suiker by maizenamengsel tot suiker opgelos is.
-
Bring intussen res van die melk tot kookpunt.
-
Sodra die melk kook roer die maizenamengsel alles op een slag by die kokende melk.
-
Hou aan roer (ek gebruik sommer my een klitser spaan in plaas van ‘n hand klitser) totdat die mengsel kook en verdik.
-
Verwyder van hitte en voeg botter by.
-
Roer tot botter heeltemal gesmelt en ingemeng is.
-
Roer geursel by.
-
Giet mengsel in hitte bestaande bak en bedek dadelik met kleefplastiek, laast die kleefplastiek op bo-op die vla lê, dit keer dat daar ‘n vel vorm.
-
Verkoel tot behoorlik koud, sowat 1 tot 2 ure. Mengsel sal styf wees. Haal uit yskas en meng met ‘n lepel.
-
Skep in versierbuis.
-
Spuit binne in donuts.
Category:












