Your Recipe Blog

DONKER VRUGTEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 2½ uur

DONKER VRUGTEKOEK

Ek het hierdie jaar Rapport se donker vrugtekoek gebak. Ek het probleme met my oond se temperatuur en koek was nog nie heeltemal gaar nie en het in middel gesak. Wel ons kon hom nie bêre nie en het hom na ‘n week geëet. Die dele wat gaar was, was die heerlikste klam vrugtekoek met’ n onverbeterlike smaak! Ons het hom op geëet en ekt sommer weer een gebak, die keer net in my dogter se oond. Ek’t Old Brown Sherry in plaas van Brandewyn gebruik en sommer 1 kg vrugtekoek mengsel gebruik wat ek by een van die bak winkels gekoop het en het die neut uitgelos.

  • 250 g botter of margarien
  • 310 ml (1¼ koppie) molasse-bruinsuiker (sagte)
  • 5 ekstragroot eiers
  • 5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
  • 10 ml (2 teelepels) karamelgeursel
  • 30 ml (2 eetlepels) marmelade of appelkooskonfyt
  • 30 ml (2 eetlepels) brandewyn
  • 500 ml (2 koppies) koekmeelblom
  • 2 ml (¼ teelepel) koeksoda
  • 5 ml (1 teelepel) fyn gemmer
  • 5 ml (1 teelepel) fyn kaneel
  • 5 ml (1 teelepel) fyn neut
  • 10 ml (2 teelepels) fyn gemengde speserye
  • 250 g rooi glanskersies, gehalveer
  • 100 g heel amandels
  • 750 g droë vrugtekoekmengsel (of rosyne, sultanas, korente)

Voer ’n ronde of vierkantige 20 cm-koekpan van omtrent 7 cm diep met twee lae waspapier en twee lae bruinpapier uit. Smeer of sprei goed en laat eenkant.
Klits die botter en suiker tot romerig. Voeg die eiers by en klits goed.
Voeg die geursels, marmelade en brandewyn by.
Sif die meel, koeksoda en speserye saam en voeg by die geroomde mengsel.
Voeg die kersies, amandels en vrugte by en meng goed.
Skep die mengsel in die gesmeerde pan en bak vir omtrent 2½ uur in ’n voorverhitte oond teen 140°C.
Haal uit die oond en giet brandewyn oor koek en laat heeltemal in die pan afkoel.
Bêre lugdig en giet van tyd tot tyd brandewyn oor.

Nota:
Vervang die amandels deur 50 g pitlose rosyne en 50 g sultanas.

Foto en resep geplaas deur Elaine Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page