DOMINIQUE SE MAKLIKE VETKOEK
Vinnige maklike vetkoekies nou sommer vir lunch gemaak. My kids is mal daaroor en is sag en pof binne en nie olierig nie. Geen gis nodig.
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 1 koppie water
- 2 eiers
- 1 eetlepel suiker
Meng droë bestanddele in jou mengbak en in ‘n aparte bak meng water, eiers en suiker.
Roer nat bestanddele in by droë bestanddele. Deeg moet slap en bietjie loperig wees.
Maak jou olie baie warm en sit jou plaat op ‘n redelike lae hitte, ek vat myne van 8 af na 3 – 4.
Laat olie bietjie stadig afkoel, sodat dit nog bruis as jy jou bolletjie insit.
Met ‘n “nie groter” as ‘n eetlepel lepel, skep deeg en laat loop af in jou olie in. As dit te groot is, kom dit rou binne uit.
Laat vetkoek dan stadig gaar word, as dit te vinnig braai, brand dit en kom rou uit.
Dit trek glad nie olie soos gewone vetkoek nie, so steek maar met ‘n mespunt om te kyk of die deeg gaar is voor jy dit uithaal.
Nota:
Dit vat my minder as ‘n halfuur om ‘n groot bak vol te maak met ‘n dubbel beslag.
Kids is mal daaroor omdat dit ‘n soet smakie het en gepof en sag is. Sit gerus bietjie kontyt of stroop op, dis heerlik.
Resep geplaas deur Dominique Oosthuizen
Foto: Esmerie Schoeman
Tracy Vohra: Thanks for everyone’s help on this, this is from the blog. Dominique se maklike vetkoekies.
- 2 cups flour
- 2 teaspoons baking powder
- ½ teaspoon salt
- 1 tablespoon sugar
- 2 eggs
- 1 cup of water, I used milk instead
- oil for frying
In a bowl add all dry ingredients.
In a separate bowl mix eggs and milk.
Make a hole in the center of the flour mixture, add wet ingredients and mix with a fork.
Drop spoonfuls into hot oil, and fry till golden brown.
Third photo: Tracy Vohra
















Hierdie is ‘n wenner resepte, ons geniet hom baie en dit maak net genoeg vir 2 mense, ongeveer 8 vetkoeke
Die maklikste en vinnigste resep ooit!!! Bealis n wenner. Super lekker, glad nie olierig nie. Werk met stroop en maalvleis. Dink nie ek sal ooit weer spar se deeg koop v vetkoek nie
Dit is baie lekker vetkoek en dit bak baie vinnig
Smaaklik nommer. 1. Lekkerste lekker
EK kan nooit vetkoeke maak nie dit kom nooit reg uit altheid rou, droog,en teveel olie, so bly oor die resep gaan dit beslis probeer, baie dankie.
Hi Trish, hierdie resep is ‘n wenner, dit klink vir my jy laat jou olie te warm word, toets altyd met ‘n stukkie deeg wat jy in die warm olie gooi, as hy dadelik opkom is die hitte reg en dan draai jy die plaat 1 af, jou vetkoek moet tyd kry om te rys in die olie voor die gaar is, en nie te vinnig bruin word nie. te veel olie beteken weer die olie was te koud. Hoop jy kom reg met die resep.