Your Recipe Blog

DINE SE BOBOTIE

Cook: 20 minutes

DINE SE BOBOTIE

  • 3 groot uie
  • 4 teelepels kookolie
  • 2 ml koljander
  • ½ teelepel swartpeper
  • 4 teelepels kerriepoeier
  • 2 teelepels borrie
  • 1 kg maalvleis
  • 4 teelepels bruinsuiker
  • 4 teelepels appelkooskonfyt
  • 4 teelepels asyn
  • 2 snye witbrood
  • 1 koppie melk
  • ½ koppie rosyne
  • 2 suurlemoenblare
  • 2 eiers
  • Bo-oor:
  • 1 koppie melk
  • 2 eiers
  • 2 suurlemoenblare

Braai die uie in die kookolie.
Voeg die speserye by en braai.
Skep uit en braai die vleis in die kastrol.
Sit die uie en speserye terug.
Voeg die bruinsuiker, appelkooskonfyt en witbrood wat in melk geweek is, by.
Kook deur en roer die rosyntjies by.
Skep die bobotiemengsel in ‘n oondskottel.
Giet ‘n eier-en-melkmengsel oor en druk suurlemoenblare in die gereg.
Bak vir 20 minute teen 180ºC.

Dine se notas:
Mens kan natuurlik wildsvleis ook vir bobotie gebruik. Dit gee ook ‘n losser tekstuur aan die maalvleis.
In argiewe kan mens gaan oplees dat Van Riebeeck ‘n “bobotiepot” bestel. Mens kan dus aflei dat hulle bobotie geken het.
Dis ‘n teelepel borrie wat die rys so geel gekleur. Hierby kom hanepootrosyntjie en ‘n groot klont botter.
Suurlemoenblare word opgerol en in die bobotie gedruk vir die lekker en die mooi.
Saam met die bobotie bedien ons altyd blatjang, atjar en tamatiesambal.

Resep geplaas deur Rene Truter Wessels
Foto: Ivanda Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page