DINA SE SJOKOLADE ROSIES
Ek gebruik hierdie sjokolade rosies by my nageregte en ook by my kaasbord. Sit dit op net voor jy bedien. Ek hou dit in vrieskas dan word dit nie so gou sag nie.
-
2 x 100 g Lindt sjokolade (70% donker sjokolade)
-
30 ml klapperolie
-
120 g klappervlokkies
-
24 medium grootte kolwyntjiepapier houertjies
Plaas jou kolwyntjiepapiertjies in kolwyntjiepanne.
Breek sjokokolade in kleiner stukkies. Voeg die klapperolie by die sjokolade.
Smelt in mikrogolf vir ongeveer 1 minuut, roer na eerste 30 sekondes.
Haal uit mikrogolf en roer goed sodat sjokolade mooi glad is. Roer klappervlokkies by.
Skep teelepelsvol in kolwyntjiepapiertjies.
Ek skep die papiertjies so halfvol en kry dan 24 sjokolade rosies uit.
Sit in vrieskas om hard te word.
Resep en foto’s: Dina Venter