DIM SIMS A LA BENHET
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis
Berei eers die vulsel voor en plaas in die yskas voordat jy met die deeg begin.
- Deeg:
- 3 koppies koekmeel
- 1 ¼ koppies water
- knippie sout
- 1 ml vis speserye (want ek het mossels as vulsel)
- 1 teelepel pietersielie
- Plaas alles buiten water in ‘n skottel. Voeg water bietjies gewys by tot ‘n deeg vorm.
- Knie vir 5 min. Laat deeg rus vir 10 min.
- Knie vir 3 min. Laat deeg rus vir 8 min.
- Deel deeg in 4 en knie elke stukkie op sy eie 1 min lank.
- Rol uit in plus min 11 cm sirkels in deursnee.
- Smeer bietjie water om die kante.
- Sit 1 teelepel vulsels van jou keuse in.
- Vou toe en stoom in bamboes stoommandjie vir 8 min.
- Notas:
- Ek het was papier onder ingesit met gaatjies.
- Ek het al die knie werk gedoen met die masjien en die uitrol met die pasta masjien tot by nr 5.
- Vulsel:
- Braai die volgende saam:
- 30 mossels klaar skoon en oopgestoom – bietjie pietersielie en rooi peper bo oor gesprinkel.
- ½ ui
- 1 teelepel knoffel en gemmer
- Laat effens afkoel en meng die volgende by:
- 80 ml Thai “sweet chillie” roomkaas
- 1 teelepel “vegetarian stir fry”sous
- Plaas in yskas terwyl jy die deeg voorberei.
Category:

