DIK GEURIGE HOENDERSOP
Winterkos idees met brood.
- 2.5 kg gaar ontbeende hoender, sonder vel
- 2 groot uie, in blokkies
- 1 rooi soetrissie, in blokkies
- 1 geel soetrissie, in blokkies
- 2 gerasperde wortels
- 2 aartappels, in blokkies
- 250 g sampioene, in skyfies
- 1 blikkie tamatie en uie smoor
- 5 eetlepels Garam Masala kerrie poeier
- 1 eetlepel chilli vlokkies
- 1 eetlepel fyn swart peper
- 1 eetlepel fyn witpeper
- 2 eetlepels paprika
- 2 eetlepels hoender speserye
- 3 hoender ekstrak (Stock) blokkies
- 1 pakkie sampioen soppoeier
- 1 pakkie hoender noodel soppoeier
- 2 pakkies cream of chicken soppoeier
- 7 liter pot om in te kook
- 3 liter water
Kook hoender saam met alles BEHALWE die sampioene en soppoeiers vir minstens 1 uur met deksel op.
Haal hoender uit, ontvel en ontbeen en breek vleis in kleiner stukke en plaas terug in pot.
Voeg sampioene by en soppoeiers gemeng met 1 liter koue water.
Prut oor lae/meduim hitte vir nog 30 minute. Roer gereeld, sop sal nou verdik, pasop dat sop nie nou aanbrand nie, verlaag hitte indien nodig.
BEDIEN MET VARS BROOD of VETKOEK… en warm peri souse vir die wat van ‘n ektra byt🌶 hou!😅
WENK:
Kook velle en bene van hoender na vleis terug in pot geplaas is in aparte potjie in 500 ml water vir verdere 20 min en giet die water (hoender aftreksel) deur ‘n sif terug in pot. Dit gee verdere diepte en smaak aan die sop. 😉
Resep en foto: Janneman Van Wyk