DIK BOONTJIESOP
- 1 kg suikerboontjies, oornag geweek in water
- 4 “Beef chin” skywe
- 4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
- 8 wortels, geskil en in ringe gesny
- 1 gekapte ui
- Worchestersous
- 2 beesvleis ekstrak blokkies opgelos in bietjie kookwater
- sout en peper na smaak
- 100 g tamatiepasta
Spoel bone af en plaas in ‘n prutpot (of gewone pot).
Spoel “beef chin” af plaas bo-op die bone in die pot.
Vul met water totdat alles bedek is.
Kook oornag op stadige of outomatiese verstelling.
Voeg water by indien nodig.
Volgende oggend:
Wanneer die bone en vleis sag is, verwyder die bene. Voeg die uie, wortel, aartappels en res van die bestanddele by en kook verder tot stadig en dik.
Nota:
Let wel moet geen sout of enige geurmiddels byvoeg voor bone sag gekook is nie anders bly die bone hard.
Resep en foto: Elizabeth Randell Swart
Heerlike Bone resep, maklik,geen tierlantytjies nie, smaaklik