Your Recipe Blog

DIEPGEBRAAIDE VANILLA ROOMYS

DIEPGEBRAAIDE VANILLA ROOMYS

Maak balletjies roomys met roomysskoppie.
Vou toe in 3 lae filodeeg wat elk met botter gesmeer is en net groot genoeg gesny om die roomys balletjie mooi toe te maak, daar moet nerens roomys kan uitloop nie.
Vries die pakkies tot benodig.
Haal uit op bestelling.
Plaas in diepvetbraaier vir 8 sekondes by ongeveer 180°C.
Versier soos verkies.
Nota:
Daar smeer ek gesmelte bak margarien om te keer dat dit nie verkrummel nie en gee elastisiteit wanneer daarmee gewerk word. Filo raak baie vinnig droog en werk ek met dit altyd op ‘n klam lap.

Resep geplaas deur Fanie Smit
Foto: Fanie Smit

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5