DIEPGEBRAAIDE GEVULDE EIERS
“Wil graag kom spog met my oudste seun se resep. Hy het dit jare terug op YouTube gesien en aangepas tot hoe hy daarvan hou. Was deel van sy soutbord wat hy vir ons vir Vadersdag gemaak het. Iets heeltemal anders! Heerlik!”
- hoeveelheid eiers soos verkies
- olie, vir diepbraai
- geklitste eier vir doopmengsel
- koekmeel, vir doopmengsel
- broodkrummels, vir doopmengsel
- mayonnaise, vir vulsel
- soet mosterd, vir vulsel
- sout en peper, vir vulsel
- enige ander spesery of sous, na smaak
- fyn gesnyde sprietuie en paprika, vir garnering
Kook (sit) eiers (hoeveelheid jou keuse) saggies in klaar kokende water en kook vir 14 minute.
Haal uit en sit dadelik in yskoue water. Dit help die afdop proses.
Sny eiers in helfte, verwyder eiergele en sit die eiergele in ‘n mengbak.
Kry drie bakkie gereed elk met meel, geklitste eier en broodkrummels.
Doop die heel hardgekookte eierwitte in die meel, dan geklitste eier en dan broodkrummels en diepbraai dit in olie tot bruin.
Haal die eierwitte uit en plaas eenkant om aftekoel.
Meng eiergele met mayonnaise, soet mosterd, sout en peper, en enige ander spesery of sous na keuse.
Skep teelepels eiergeel vulsel in die holtes van die diepgebraaide eierwitte.
Garneer met fyn gesnyde sprietuie en paprika.
Resep: Ryno Brand
Foto: Lorraine Weitz Brand