DIEP GEBRAAIDE UIERINGE
“Liezl het gistraant vir ons hierdie heerlike uieringe gemaak ons het dit saam met ‘n burger geëet en was djeeeeerlik. Maak maar genoeg want dit is vrek lekker.”
- 1 groterige ui, in dikkerige wiele gesny
- 1 koppie bruismeel plus bietjie ekstra
- 1 teelepel Aromat
- ½ teelepel gerookte paprika
- 1 eier
- 1 eetlepel kookolie
- ½ koppie sodawater
- ekstra kookolie, vir diepbraai
Meng alles buiten die uieringe en ekstra meel saam tot ‘n loperige beslag.
Doop die ringe eers in die ekstra meel, skud die ekstra meel af en doop dan die ringe een-vir-een in die beslag.
Laat die ergste oortollige beslag afdrup.
Diepbraai die ringe in warm olie tot mooi goudbruin en dreineer op handoekpapier.
Resep en fotos: Gideon Louw en Liezl Louw