Your Recipe Blog

DIEP BRAAI VIS EN TARTARE SOUS

DIEP BRAAI VIS EN TARTARE SOUS

Ons het vanaand ons eie vis, chips, slaai en tartare sous gemaak. Was ongelooflik, lekker eet julle!

  • stokvis filette
  • olie vir diep braai
  • Deeg:
  • 300 ml bruismeel
  • 5 ml sout
  • 1 eier
  • 150 ml bier van jou keuse

Meng al die deeg bestanddele goed saam.
As jy sien die degie is te dik, klits nog bietjie bier by.
Verhit olie in ‘n diep braaipan.
Maak stokvis filette goed droog met handdoekrol en plaas dan in deeg dat deeg die hele vis bedek.
Plaas in warm olie en braai aan elke kant vir 2 minute (medium stokvis) of tot ligte bruin.

Wenk:
As jy die vis ontvries en dit het ‘n diepsee reuk a.g.v. die vries, marineer vir 10 min in vars suurlemoensap voordat jy dit droogmaak met handdoekrol.

  • Tartare sous:
  • agurkies
  • uie
  • mayonnaise
  • sout en peper na smaak
  • suurlemoenskil

Tartare sous is soveel mayonnaise, agurkies en uie met suurlemoenskil, sout en peper soos jy verkies.
Bedien met skyfie suurlemoen.

Resep en foto: Leonora Bateman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page