Your Recipe Blog

DIE MAKLIKSTE HOLLANDSE SOUS

DIE MAKLIKSTE HOLLANDSE SOUS

Perfekte klassieke Hollandaise sonder dubbelkoker en sonder dat die sous skif of skei.

  • 3 eiergele
  • ¼ teelepel Dijon mosterd
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 druppel warm pepersous soos Tabasco
  • ½ koppie botter

Plaas die eiergele, mosterd, suurlemoensap en Tabasco in ‘n maatbeker.
Pols met ‘n “stick blender” vir 5 sekondes.
Verhit die botter in die mikrogolf tot gesmelt.
Plaas die “stick blender” in die eiergele en verstel na die hoogste spoed, terwyl die gesmelte warm botter stadig in ‘n dun strompie bygegiet word.
Die sous sal onmiddelik verdik.
Plaas die sous in ‘n bak bo-op ‘n 2de bak met warm kraanwater in om warm te hou tot benodig.
Bedien die sous bo-op gebraaide repiespek met ‘n geposjeerde eier.

Resep en foto: Elsabie Templeton

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page