Your Recipe Blog

DIE LEKKERSTE MALVAPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes | Servings: ongeveer 4 - porsies

DIE LEKKERSTE MALVAPOEDING

  • 1 koppie suiker
  • 1 eetlepel gesmelte botter
  • 1 eier
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 kopppie koekmeel
  • 1 eetlepel asyn
  • 1 koppie melk
  • 1 teelepel koeksoda

Meng bogenoemde bestanddele saam met ‘n elektriese klitser en bak in ‘n gesmeerde glasbak met ‘n deksel op, op 180 ºC vir 1 uur.

  • Sous:
  • ½ koppie botter
  • 1 koppie suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 koppie vars room (250 ml)
  • ½ koppie kookwater

Net voor die poeding uit die oond kom, plaas die sousbestanddele, buiten die room, in ‘n pot en bring tot kookpunt.

Nota:
Wanneer die mengsel kook op stoof, voeg dan eers die room by, en meng deur, warm goed op.
Druk gaatjies in die poeding en voeg sous oor poeding, sit weer terug in die oond nadat die oond afgesit is vir ‘n paar minute ±30 min vir die sous om mooi in te trek.
Bedien met vla.

Fotos : Juanri Van Der Walt

2 Reviews

  1. Petro Muller

    Mevrou ek is bevrees jou bestanddele kort n koppie melk soos almal sn want jy se die deksel moet opgesit word en vir n uur bak. Ek het hom slegs vir n driekwart uur gebak en toe ek dit oopmaak toe lyk dit soos n toffee. My hele Sondag n groot mislukking. Ons was so lus vir die lekkerste Malvapoeding. Het baie geld gemors. Ek sal aanbeveel dat u dit onmiddellik afhaal, kan ook nie dink dat hy met deksel gebak word..

    • Hi Petro ons is regtig so jammer dat ons die resep verkeerd geplaas het ek het alles met Juanri uitgeklaar en hier is haar skrywe.
      Ai ek voel so bitterlik sleg vir haar,ek is so jammer. Daar kom 1 koppie melk by die deeg.
      Kan jul dit net byvoeg asseblief. Die res van die resep is reg en die deksel moet op wees en 1 uur lank bak
      Die spesifieke poeding is beslis met n deksel.
      Se asb vir haar ek vra groot onveskoning. Dit is regtig die lekkerste poeding so sy moenie nou bang wees om hom weer te probeer nie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5