Your Recipe Blog

DIE LEKKERSTE GROENBOONTJIES ÓÓIT

DIE LEKKERSTE GROENBOONTJIES ÓÓIT

Hierdie heerlike sous kan oor enige groente van jou keuse gebruik word, maar groenboontjies is besonders lekker op die manier.

  • 700 g groenboontjies sag gekook, hou eenkant
  • Braai die volgende in bietjie botter tot lekker gaar en deurskynend:
  • 1 groen soetrissie, fyn gekap
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 huisie knoffel, fyn gekap
  • Voeg die volgende by en braai so 1 min om geur vry te stel:
  • 10 ml kerriepoeier (van jou keuse- ek gebruik 11/1 curry spice of roasted Masala as jy iets met ‘n byt soek)
  • 10 ml borrie
  • Voeg die volgende by:
  • 200 ml bruinsuiker
  • 125 ml bruinasyn
  • 250 ml All Gold tamatiesous

Kook alles saam vir ongeveer 5 min.
Indien die sous te loperig is, voeg 10 ml Maizena gemeng met ‘n bietjie koue water by en kook stadig tot dik.
Skep oor die gaar groenboontjies of enige groente van jou keuse en kook net deur tot goed warm.
Bedien.

Resep en foto: Christiene Botha

One Review

  1. Jeaette

    Klink heerlik

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page