Your Recipe Blog

DIE BYBELKOEK

DIE BYBELKOEK

Hierdie is ‘n heerlike resep, ek’t dit gister gebak. Die foto het ek geneem net nadat dit uit die oond gekom het.
NB: Lees asb heel onderaan my WENKE anders kan dit bietjie sukkel, want dis’ n GROOT, swaar koek.

  • Beslag:
  • 1 koppie Rigters 5:25 (botter)
  • 2 koppie Jeremia 6:20 (suiker)
  • 6 ektra groot Esegiël 10:14 (eiers)
  • 3 ½ koppies Konings 4:20 (koekmeel)
  • ½ teelepels Levitikus 2:13 (sout)
  • 2 teelepel 1 Korintiërs 5:5 (bakpoeier)
  • ¼ teelepel elk van 3 wat genoem word in 1 Konings 10:2 (kaneel, neutmeskaat en gemengde speserye)
  • 1 koppie Genesis 24:11 (water)
  • 1 eetlepel Exodus 16:31 (heuning)
  • 2 koppies elk van 1 Samuel 25:18 (rosyntjies en vye)
  • 1 koppies Genesis 43:2 (gekapte neute)

Verroom botter en suiker.
Meng eiers een vir een in. Sif sout, koekmeel, bakpoeier en speserye saam in die suiker mengsel in. Meng heuning en water en voeg by die mengsel. Meng goed.
Voeg nou die rosyntjies, vye en neute by.
Spuit ‘n 28 cm deursnee pan goed met Spray’ n Cook, of selfs 2 x 25 cm panne, dan kan die baktyd ‘n bietjie korter wees.
Skep beslag in die voorbereide panne en bak teen 180ºC tot gaar, ongeveer 1 uur en 45 minute

Wenke:
Ek het bietjie ekstra pekanneute oorgestrooi voor ek dit in oond gesit het.
Sit so na 20 minute in die oond foelie oor die koek anders gaan dit brand bo-op.
Bak tot ‘n toets pen skoon uitkom in die middel.
Ek het gebottelde groenvye gebruik en ekt so’ n paar teelepel heuning oor gegooi nadat ek die koek uit die oond gehaal het en die heuning lekker smeerbaar kan wees.
Bak dit gerus, dis rerig heerlik verby!

Resep geplaas deur Neels Smit
Foto en aanpassings:  Alet van Zyl

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page