Your Recipe Blog

DIE BESTE WORTELKOEK OOIT

DIE BESTE WORTELKOEK OOIT

  • Beslag:
  • 1 koppie (250 ml) klapper-, olyf-, of sonneblomolie
  • 4 ekstra groot eiers
  • 1 ½ koppies (375 g) ligte bruinsuiker
  • 3 koppies (750 ml) gerasperde wortels
  • 100 g grofgekapte pekaneute (hou ‘n paar neute apart vir oorgooi)
  • 2,5 koppies (625 ml) bruismeel
  • 8 ml koeksoda
  • 5 ml kaneel
  • 1 ml fyn neutmuskaat
  • 5 ml gemengde speserye
  • 5 ml sout
  • 1 blik (432 g) pynappelmoes met vloeistof
  • Roomkaasversiersel:
  • 250 g sagte botter/margarien
  • 4 koppies (500 g) versiersuiker
  • 250 g volvet roomkaas
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit oond tot 180˚C.
Bespuit 2 x 23 cm veerpanne met kleefwerende kossproei (gebruik 2 keer) (of 4 panne).
Klop die olie, eiers en suiker saam tot dit ‘n baie ligte kleur het.
Voeg wortels en neute by.
Sif meel, koeksoda, sout en speserye by.
Vou deur eiermengsel en voeg pynappelmoes by.
Verdeel beslag in 4 dele en bak 2 x 2 keer vir 30 minute tot gaar. Toets met toetspen. Laat bietjie afkoel en keer uit op draadrakkies. Koel heeltemal af.

Meng botter en versiersuiker tot glad. Klop die roomkaas liggies en voeg vanilla geleidelik by. Vou in by die versiersuikermengsel. Smeer tussen elke koek van die roomkaasversiersel en eindig met roomkaasversiersel op boonste koek.
Strooi fyngesnyde pekaneute bo-oor.

Resep geplaas deur Dawie Vd Heever
Foto: Dawie Vd Heever

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page