Your Recipe Blog

DIE BESTE TIPSYTERT

Cook: 30 - 40 minutes

DIE BESTE TIPSYTERT

Dis ‘n groot rugby naweek (skole by ons en internasionaal!), so ons maak my ma se tipsytert.

  • Beslag:
  • 250 g dadels, gesnipper
  • 1 koppie kookwater
  • 1 eetlepel koeksoda
  • 75 g botter
  • 175 ml suiker
  • 2 eiers
  • 1 teelepel vanilla- of karamelgeursel
  • 375 ml bruismeel
  • ½ teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • Sous:
  • 175 ml suiker
  • 250 ml water
  • 100 g botter
  • 1 teelepel vanilla- of karamelgeursel
  • 200 ml brandewyn

Kook die dadels, water en koeksoda vir 2 minute op medium hitte in ‘n potjie, verwyder van die hitte en laat afkoel.
Sif die meel, bakpoeier en sout en plaas eenkant.
Room die botter en suiker in ‘n mengbak, voeg die eiers en geursel by en klits goed.
Roer die afgekoelde dadelmengsel by die eiermengsel en laastens die droë bestanddele by en roer tot goed gemeng.
Skep die beslag in ‘n voorbereide tertbak en bak vir 30 – 40 minute by 180ºC (bedek met foelie as dit te bruin raak bo-op).
Terwyl die tert bak (laaste 15 minute), kook die suiker, water en botter vir die sous saam in ‘n potjie vir 2 – 3 minute en verwyder van die hitte.
Roer die geursel en brandewyn by die sousmengsel.
Giet die sous oor die tert sodra dit uit die oond uitkom.
Bedien met room of roomys.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page