Your Recipe Blog

DIE BESTE “DIEPBRAAI-METODE” BIEFSTUK

DIE BESTE “DIEPBRAAI-METODE” BIEFSTUK

  • 4 x 250 g biefstukke van jou keuse
  • 2 koppies (228 g) koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel swartpeper
  • ¾ teelepel sout
  • 1½ koppies (375 ml) karringmelk
  • 1 eier
  • 1 eetlepel pepersous (bv. tabasco)
  •  2 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 3 koppies (570 g) wit groentevet (vegetable shortening) vir diepbraai
  • ¾ koppie koekmeel
  • 4 koppies (1 liter) melk
  • gemaalde soutvlokkies en gemaalde swartpeper na smaak

Kap die biefstukke tot ongeveer 7 mm (¼ duim) dikte. Plaas twee koppies meel in ‘n vlak bak. Roer die bakpoeier, koeksoda, peper en sout bymekaar in ‘n aparte vlak bak.  Roer die karringmelk, eier, pepersous en knoffel by die bakpoeiermengsel om ‘n beslag te vorm.
Doop elke biefstuk eers in die meel, dan in die beslag en weer in die meel. Druk die meel op die oppervlak van elke biefstuk vas met jou handpalm sodat dit heeltemal met droë meel bedek is.

Verhit die groentevet in ‘n diep gietysterpot tot 165 °C. Braai die biefstukke tot egalig goudbruin, 3-5 minute per kant. Plaas gebraaide biefstukke op ‘n bord met papierhanddoeke om te dreineer. Dreineer die vet van die kastrol en behou ¼ koppie vloeistof en soveel as moontlik van die soliede oorblyfsels in die kastrol.

Sit die kastrol terug op medium-lae hitte met die behoue olie. Klits die oorblywende meel in die olie. Skraap die bodem van die pan met ‘n skraper om vaste stowwe in die sous vry te stel. Roer die melk in, verhoog die hitte tot medium en laat kook tot dik: ses tot sewe minute. Geur met gemaalde sout en peper. Skep die sous oor die biefstukke en bedien. Die sous is lig van kleur.

Resep: Wadi

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page