Your Recipe Blog

DIE BENDERS SE PIESANGKOEK

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 14-16

DIE BENDERS SE PIESANGKOEK

Die Benders van Clocolan se ma, Barbara, se piesangkoek met kondensmelkversiersel is onweerstaanbaar.

  • 125 g sagte margarien of botter
  • 375 ml suiker
  • 2 groot eiers
  • 500 ml koekmeel
  • 3 ml bakpoeier
  • 4 ml koeksoda
  • 3 ml sout
  • 4 ml vanieljegeursel
  • 60 ml karringmelk
  • 250 ml fyngedrukte piesang
  • 90 ml sagte margarien of botter
  • 90 ml kondensmelk
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 5 ml vars suurlemoensap
  • gekapte pekanneute en gekrummelde pralien, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer twee panne van 20 cm goed. Voer die panne uit met bakpapier en smeer weer.

Beslag:
Verroom die margarien (of botter) en suiker goed saam tot lig en donsig. Klits die eiers een vir een by.
Sif die droë bestanddele oor en voeg die vanieljegeursel, karringmelk en fyngedrukte piesang by. Meng goed en verdeel tussen die panne. Bak vir 30 minute tot uitgerys en deurgaar.
Laat die koeke vir ’n paar minute in die panne afkoel en keer dan op draadrakke uit om verder af te koel.

Versiersel:
Klits die margarien (of botter) en kondensmelk saam styf. Voeg die vanieljegeursel en suurlemoensap by en klits goed. Sny elke koeklaag middeldeur om twee dunner lae te maak.
Smeer ’n lagie van die versiersel op elke laag. Stapel die lae opmekaar en versier bo-op met die orige versiersel. Sprinkel die pekanneute en pralien oor.
Lewer 1 groot koek (14-16 porsies).

NOTA:
Maak net resep van versiersel 3 x keer aan.

Resep geplaas deur Lelane Van Der Walt
Fotos:  Gideon Louw en Felicity Taljaard

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5