Your Recipe Blog

DEON SE GEMMERBIER BEESSTERT

DEON SE GEMMERBIER BEESSTERT

Nuwe beesstert resep wat ek bedink het.

  • Pak die volgende in ‘n groot ysterpot:
  • 3 groot stukke beesstert
  • 1 liter gemmerbier
  • 3 gekneusde knoffelhuisies
  • swartpeper korrels na smaak
  • koljanderblare
  • lourierblare
  • 1 koppie songedroogte tamaties
  • ‘n klompie gesnyde sampioene vir bo-op
  • Meng die volgende en hou eenkant:
  • 2 koppies room
  • 100 ml Worcestersous
  • 2 eetlepels Marmite

Plaas deksel op die pot en plaas in oond teen 150° C, bak  vir 4 ure. Geur vleis na smaak.
Verhit die Marmite mengsel  bietjie dat Marmite smelt, giet oor die vleis en bak liggies vir ‘n uur.
Laat bietjie afkoel.
Skep vet van koue sous af en bêre vir ‘n ander dis.
Meng 2 pakkies “rich oxtail stew” poeier in bietjie water tot ‘n pasta en giet oor vleis. Roer goed deur die lekker sous in die pot, verhit met grasie vir 16,5 minute.
Geniet.

Resep en foto: Deon Huysamen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page