Your Recipe Blog

DENZY’S SE BOTTERSKORSIE, SAMPIOEN EN TAMATIE SPAGHETTI

DENZY’S SE BOTTERSKORSIE, SAMPIOEN EN TAMATIE SPAGHETTI

Resep:  Denzel Koekana
Eerste foto:  Denzel Koekana
Tweede foto:  Paul Helin

  • 500g maalvleis
  • ½ halwe botterskorsie in blokkies gesny
  • 10 sampioene gesny
  • ½ halwe pakkie spaghetti
  • 1 uie gekap
  • 1 rooi soetrissie opgekap
  • 1 groen soetrissie opgekap
  • 2 tamaties opgekap
  • 1 eetlepel knoffel
  • ½ koppie suiker
  • 1 eetlepel tiemie
  • 2 eetlepel olie
  • ½ koppie tamatie puree
  • 1 klein pakkie tamatiepaste
  • sout en pepper
  • gerasperde Edam kaas
  • gekapte grasuie (chives)
  • Kook die spaghetti in water met sout tot sag.
  • Kook die botterskorsie in water tot sag en dreineer.
  • Plaas ‘n pot op die stoof en giet die olie daarin, maak effens warm.
  • Voeg uie, soetrissies, tamatie en knoffel by die oloe en soteer tot sag,
  • Voeg die maalvleis, sampioene, tamatie puree, tamatiepaste en suiker by en kook tot maalvleis gaar is.
  • Voeg die gaar botterskorsie en spaghetti en meng goed.
  • Pas sout en pepper aan na smaak.
  • Skep in bakkies en sprinkel Edam kaas en grasuie oor.
  • Dien dadelik op en geniet.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page