DENZY SE MAALVLEISBOLLETJIE
Denzy het vanaand mincebolletjies en chakalaka en chickpeas sousie met kapokaartappels gemaak.
- 500 g skaapmaalvleis
- fyn koljander
- pietersielie
- 2 eiers
- 2 blokkies Wheat Bix
- 2 teelepels “barbeque spice”
- sout, pepper en fyn knoffel, na smaak
Meng die maalvleis met al die ander bestanddele, maak bolletjies, plaas in ‘n oond pan wat lig gesmeer is en bak in oond tot gaar by 180°C.
- Vir die sous:
- ½ pakkie tamatiepaste
- 3 lepels suiker
- 1 blikkie “butternut chakalaka en chickpeas”
Ek het tamatiepaste in ‘n pot gesit en 3 lepels suiker bygevoeg en bietjie gekook. Voeg die blikkie butternut chakalaka en chickpeas by en laat kook.
Bedien die sous saam met die vleisbolletjie op rys.
Resep en foto : Denzel Koenana