Your Recipe Blog

DENZY SE KERRIEAFVAL

Recipe by
Cook: 3 ure +

DENZY SE KERRIEAFVAL

  • 1 groot afval, skoongemaak en in stukkies gesny
  • 2 groot uie, fyngekap
  • 1 blikkie gekapte tamaties
  • 1 eetlepel fyn knoffel
  • ½ koppie suiker
  • ½ koppie asyn
  • 2 eetlepels kerrie masala
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 2 eetlepels borrie
  • 8 aartappels, in blokkies gesny
  • fyn gekapte Dhania
  • sout en peper, na smaak

Spoel die afval deeglik af en plaas dit in ‘n pot, voeg net genoeg kookwater by totdat die afval bedek is en kook die afval vir 2 ure. Voeg nog kookwater by die afval gedurende die kookproses, indien nodig.
Braai intussen die uie in ‘n ander pot.
Meng die blikkie tamaties, knoffel, suiker, asyn, kerrie masala en appelkooskonfyt saam, voeg dit by die uie en meng alles deur.
Voeg die afval en die uiemengsel bymekaar, voeg sout en peper na smaak by en bring tot kookpunt. Kook die afval vir ‘n verder 30 minute en voeg die aartappels by die afval en kook verder totdat die aartappels sag is.
Voeg die gekapte Dhania laastens by wanneer die aartappels en afval deur sag gekook is.
Geniet die gereg met rys of vars gebakte brood.
Enjoy.

Resep en foto: Denzel Koenana

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5