Your Recipe Blog

DENNINGVLEIS MET GEELRYS EN ROSYNE

DENNINGVLEIS MET GEELRYS EN ROSYNE

  • Denningvleis:
  • 3 groot uie, in skywe gesny
  • 2 eetlepels kookolie
  • 5 vet knoffelhuisies, fyngedruk
  • 5 wonderpeperbessies
  • 6 naeltjies
  • 2 lourierblare
  • 1 groen brandrissie, fyngekap
  • 2 teelepels varsgemaalde swartpeper
  • 1 kg vet skaapvleis
  • 2 eetlepels tamaryn
  • 1 koppie kookwater
  • 1 teelepel gerasperde neutmuskaat
  • sout na smaak

Braai uie in olie in ‘n groot kastrol tot sag. Voeg knoffel, wonderpeperbessies, naeltjies, lourierblare, brandrissie en peper by. Pak ‘n laag vleis bo op uie. Bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel en prut vir 30 tot 40 minute. Week tamaryn in kookwater. Laat afkoel. Gooi deur ‘n sif en druk al die sap met ‘n lepel deur. Giet tamaryn vloeistof oor vleis en sprinkel neutmuskaat oor. Voeg sout na smaak by en prut 10 tot 15 minute.

  • Geelrys met rosyne:
  • 2 koppies Tastic rys (ek het basmati gebruik)
  • 2 stukkies pypkaneel
  • 3 kardemompeule
  • ½ teelepel borrie
  • 4 koppies water
  • sout na smaak
  • 1 koppie pitlose rosyne
  • 30 g botter
  • suiker na smaak

Plaas rys, pypkaneel, kardemom, borrie, water en sout in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt. Verminder hittegraad en kook tot rys sag is. Dreineer in vergiettes en spoel onder lopende water af om van die oortollige borrie ontslae te raak. Tap water in kastrol en sit vergiettes bo op die kastrol. Voeg rosyne, botter en suiker by en stoom tot goed warm.

Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld
Foto:  Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page