DEKADENTE KAASKOEK
- Kors:
- 125 g margarien
- 2 pakkies Tennisbeskuitjies fyngemaak
- Vulsel:
- 3 x 250 g gladde maaskaas
- 2 blikkies (397 g) kondensmelk
- 125 ml suurlemoensap
- 250 ml strooisuiker
- 10 ml vlapoeier
- 250 ml room, verkoel en styf geklits
- 90 ml kakao
Voorverhit die oond tot 180ºC. Bespuit ‘n losboom koekpan met kleefwerende kossproei.
Smelt die margarien en roer die krummels by. Meng deur en druk vas op die bodem en teen die kante van die voorbereide pan.
Verkoel tot benodig.
Meng al die bestanddele vir die vulsel buiten die room en kakao.
Vou die room in en giet die helfte van die mengsel in die tertkors.
Sif die kakao by die res van die maaskaasmengsel en meng egalig deur.
Giet die mengsel versigtig bo-oor die ander mengsel. Bak 30 min lank.
Laat heeltemal afkoel voordat koek uit pan gehaal word.
Nota:
Laat die kaaskoek in die oond afkoel, sit die oond af en maak die deur effens oop, as die koek te vinnig afkoel, bars dit bo-op.
Resep en foto: Amanda Austen












