Your Recipe Blog

DEIRDRE SE LEKKER APPELTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

DEIRDRE SE LEKKER APPELTERT

  • Kors:
  • ¾ koppie botter
  • ½ koppie suiker
  • 2 eiergele
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • Beslag:
  • 6 – 8 appels
  • kaneel
  • ½ koppie amandels

Verroom die botter en suiker. Voeg die eiergele by en roer tot gemeng. Voeg dan die meel, bakpoeier en sout by die botter-, suiker- en eiergeelmengsel. Dit vorm ‘n heerlike deeg.
Neem ⅔ van die deeg en druk dit plat in ronde koekpan om die kors te vorm.

Neem die appels, skil en sny in skywe. Stoom dit met bietjie water tot amper sag, haal uit die water en laat soveel moontlik water dreineer van die appels af.
Voeg kaneel na smaak en amandels by die appels en roer versigtig deur. Skep die appels bo-op die deegkors in koekpan.
Neem ⅓ deeg en rasper dit bo-op die appels.
Bak in oond op 180ºC vir 30 min. Laat dan afkoel.

Nota:
Ek voeg rosyntjies of bosbessies by die appels as dit stoom.
Aan einde as appeltert afgekoel is, strooi ek versiersuiker bo-oor.

Hoop julle geniet die tert soos ek.

Foto: Deirdre Dobson

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page