DEIDRÉ SE MAALVLEIS EN RYS GEREG
- 400 g maalvleis
- ½ blikkie ertjies
- hand vol basmati rys
- 1 gekapte ui
- 1 pakkie bolognaise kook-in-sous poeier
- 1 eetlepel kerriepoeier
- 3 eiers
- ⅓ koppie melk
- 1 teelepel kerriepoeier
- gerasperde kaas
Braai uie, maalvleis, ertjies en basmatie rys saam in bietjie klapper olie.
Voeg pakkie bolognaise droë kook-in sous en kerriepoeier by saam met ongeveer twee koppies water.
Prut tot rys gaar is.
Meng eiers en melk met die teelepel kerriepoeier en giet bo oor maalvleis mengsel in oondvaste bak.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak by 180 ºC vir ongeveer 30 min of tot eiermengsel gaar is en kaas lekker gesmelt.
Foto en resep: Deidré Venter