DEBBIE SE SAGOPOEDING
- 1 koppie sago
- 1 liter melk
- 1 teelepel vanilla geursel
- 2 koppies suiker
- 125 g margarien of botter
- 6 eiers
Skei die eiers.
Klits die wit styf.
Klits geel tot mooi gemeng.
Week die sago in ongeveel 1 liter water totdat melk begin kook, dreineer die sago sodra benodig.
Plaas melk in ‘n pot en laat kook, draai die hitte stadiger.
Voeg gedreineerde sago by die melk en roer gereeld totdat sago deurskynend lyk. Pasop vir te hoë hitte dan sal dit aanbrand.
Sit plaat af, en haal van die plaat af.
Voeg suiker by en roer tot opgelos.
Voeg botter by en roer tot opgelos.
Meng eiergeel by terwyl jy heeltyd roer en meng goed.
Voeg vanilla geursel by en roer weer.
Skep in ‘n gespuite oondbak.
Skep geklitste eierwit bo oor en vou dit saggies in die sago in, moenie heeltemal inmeng nie.
Strooi telepels vol appelkooskonfyt bo-op.
Bak in oond 180ºC vir 30 min.
Laat afkoel.
Sal mooi stol wanneer koud is.
Geniet net so of saam met roomys.
Foto en resep: Debbie Griesel