Your Recipe Blog

“DEATH BY CHOCOLATE” POEDING

Recipe by
Cook: 45 minute

“DEATH BY CHOCOLATE” POEDING

Het vandag hierdie poeding gemaak vir my ma se verjaarsdag. Ek het die maklike roete gegaan.

  • 1 pak “muffin mix” sjokolade geur of “choc mint” (moet 24 muffins kan bak)
  • 300 ml kookolie
  • 400 ml water
  • 4 eiers
  • 1 ½ teelepel koffie, aangemaak met 50 ml kookwater
  • 1 blik ingedampte melk
  • 1 blik kondensmelk
  • 1,5 liter room (1 liter is ook reg, afhangende van die hoeveelheid poeding)
  • 370 g Cadbury “slabs” geure van jou keuse (ek het mint en “topdeck” gebruik)
  • 30 ml strooisuiker
  • 30 ml kakao

Maak die “muffin mix” aan met die olie, water en eiers.
Maak die koffie aan met die 50 ml kookwater en voeg ‘n ¼ van die ingedampte melk by en laat die mengsel effens afkoel.
Kap 1 en ½ van die Cadbury “slabs” so fyn as moontlik.
Meng die fyn sjokolade, afgekoelde koffie en ingedampte melk by die muffin mengsel in en roer goed deur.
Plaas die beslag in ‘n groot oondbak van ongeveer 30 cm breed en 10 cm diep wat met kleefwerende sproei gespuit is.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 45 minute of totdat ‘n mespunt of sosatie stokkie skoon uitkom wanneer jy dit toets (veral in in middel).
Maak intussen die sous.
Voeg die room, kondensmelk, die ¾ blik ingedamptel melk, strooisuiker en kakao in ‘n pot en bring tot kookpunt terwyl aanhoudend roer om te verhoed dat die sous oorkook of aanbrand.
Wanneer die sous begin dik raak en al die bestanddele opgelos is, kap die ander 1 ½ “slabs” sjokolade baie fyn en voeg die sjokolade by die sous en roer totdat die sous verdik, verwyder van die hitte.

Sodra die poeding gaar is, verwyder uit die oond, druk gaatjies in die poeding en giet die warm sous oor die poeding.
Draai die oond se temperatuur heeltemal af en plaas die poeding weer terug in die warm oond tot opdientyd.

Variasie:
Jy kan neute en malvalekkers of wat ook al jy van hou, by die beslag inroer.

Nota:
Indien die deeg baie loperig is, voeg 2 tot 3 eetlepels bruismeel by die beslag.
Die deeg moet soos koekbeslag wees.
Geniet die poeding met roomys of vla.

Resep en foto: Hesmari Laubscher

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page