Your Recipe Blog

“DEATH BY CHOCOLATE” KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 minute per laag

“DEATH BY CHOCOLATE” KOEK

  • 500 ml koekmeel
  • 200 g suiker
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 200 ml kookolie
  • 3 eiers
  • 500 ml karringmelk
  • 4 eetlepels kakao
  • knippie sout

Sif droë bestanddele saam, meng eiers, olie en karringmelk en voeg by, meng goed.
Plaas in ronde koekpan (8″), spuit vooraf met Spray en Cook.
Bak vir 25 min teen 180°C.

Versiersel:
Op die onderste laag is karamel,  2 de laag is Bar One smeer.
As jy dit nie kry nie kan jy ‘n ½ koppie room kook en 1 koppie opgesnyde bar one by dit sit en smelt. Moenie kook nie, laat die sjokolade net smelt in die warm room.
Roer goed tot dit mooi by mekaar gemeng is. Los dat dit afkoel en verdik. Klop met ‘n elektriese klitser en smeer op die koek.
Bo-op die koek en rondom is sjokolade roomkaas. (Meng roomkaas met 1 eetlepel kakao en klits goed)
Versier met sjokolade van jou keuse.

Notas:
Bestanddele maak een koek. Vir meer as een laag maak nog baksels aan, afhangende van hoeveel lae jy wil maak.
Koek moet gebêre word in koel plek.

Resep en foto: Leon Boetiekie Hartman
2de Foto: Charmaine Taljaard

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5