Your Recipe Blog

DEATH BY CHOCOLATE/ CADBURY SJOKOLADEKOEK

Recipe by
90 mins
Prep: 50 min | Cook: 40 | Servings: 10 - 12

DEATH BY CHOCOLATE/ CADBURY SJOKOLADEKOEK

  • Koek:
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 koppie suiker
  • knippie sout
  • ½ koppie sonneblomolie (kookolie)
  • ½ koppie kookwater
  • 6 eetlepels kakaopoeier
  • 4 eiers, geskei
  • Sous:
  • 1 blik Idealmelk
  • 1 koppie suiker
  • groot plein Cadbury Melksjokolade, gesmelt
  • 5 ml Haselneut likeur, opsioneel

Meng eerstens die olie, kookwater en kakao saam en laat dit afkoel vir so 30 minute.
Sif die meel, bakpoeier, suiker en sout saam in ‘n mengbak.
Klits die eierwitte in ‘n tweede mengbak, maar meng die eiergele by die afgekoelde kakoa mengsel in.
Meng die kakaomengsel by die meel in en klits goed, maar nie te veel nie.
Vou nou die stywe eierwitte by die beslag.

Nota:
Let wel dat jy met ‘n hout/plastieklepel moet invou, moenie met ‘n elektriese menger klits nie.
Skep in ‘n voorbereide koekpan en bak teen 180°C vir 40 minute.

Sous:
Maak die sous 15 minute voor die koek uit die oond kom:
Smelt eers die sjokolade (maar los so 3 blokkies eenkant) in ‘n glasbak bo-op kookwater voor jy dit by die Ideal melk en suiker voeg.
Kook die sous 1 – 2 minute in ‘n mikrogolfoond saam en roer aanhoudend tot die suiker opgelos is.
Skep die sous bo-oor die koek sodra dit uit die oond kom.
Waneer die koek afgekoel het, gebruik die laaste 3 blokkies sjokolade en rasper dit met ‘n fynrasper oor die koek om dit af te rond.

Wenk:
Voeg ongeveer 5 ml Haselneut likeur by die sous om dit ‘n hazelnut geur te gee.

Resep en foto: Tania Boshoff Buitendag

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page