Your Recipe Blog

DAWIE SE LEKKER DAEWOO BRAAIBROODTJIE

DAWIE SE LEKKER DAEWOO BRAAIBROODTJIE

  • 1.5 kg wilds
  • maalvleis (jy kan gewone maalvleis ook gebruik) en soveel as jy wil vir die mense wat jy voor maak
  • 1 pakkie spek, gaar gemaak
  • 1 pakkie Melrose kaas snytjies
  • 1 rooi ui, ringe gesny
  • 2 wit ciabatta brode
  • 1 tamatie, skywe gesny
  • bietjie wors speserye
  • blatjang, braai of chilli sous, opsioneel

Meng wildsmaalvleis of gewone maalvleis met bietjie wors speserye dat dit bind.
Maak ‘n groot plat pattie laat hy ‘n toeknyp rooster vol lê.
Sit hom op die vuur en braai tot hy driekwart gaar is.
Haal die pattie af en sny die brode in die lengte deur in helfte.
Smeer die gaar maalvleis pattie met blatjang, braaisous of chillisous hang af wie eet saam, alles maak dit lekkerder.
Sit 2 gesnyde halwe brode op die rooster.
Pak die pattie op die onderste laag brood.
Sit gesnyde rooi uie bo-op die pattie.
Sit dan die pakkie Melrose kaas snytjies op die uie.
Pak die gaar spek bo-op die kaas.
Sny die tamatie en pak bo-op die kaas.
Strooi ‘n knippie sout op die tamatie.
Sit die ander helfte van die brode bo-op en maak weer toe met die toeknyp rooster.
Sit terug op die vuur tot alles gaar is en die kaas gesmelt is.

Resep en fotos: Dawie Rontgen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page