Your Recipe Blog

DAWIE SE BILTONGPOT

DAWIE SE BILTONGPOT

Lekker biltongpot in die reën weer.

  • 1 geel soetrissie, opgesny
  • 2 uie, gekerf
  • 3 knoffeltone, fyn gekap
  • gekerfde biltong ongeveer R150.00
  • 3 gerookte vark kaasworsies, in blokkies gesny
  • 1 pakkie sampioene, gekerf
  • 1 pakkie pasta (500 g)
  • 1 koppie room (250 ml)
  • 1 kg Cheddar kaas, gerasper

Braai die uie, knoffel en geel soetrissie saam tot alles gaar is.
Voeg die gerookte kaas varkworsies en biltong by en braai sonder die deksel tot gaar is.
Voeg die sampioene en room by en braai tot die sampioene mooi gaar is.
Kook die pasta op die stoof volgens die aanwysing tot aldente en voeg dit by in die pot.
Strooi die gerasperde kaas bo oor alles en maak die deksel toe.
Wanneer die kaas mooi gesmelt is kan jy dit roer dat alles in die pot mooi meng.
Skep op en geniet.

Respe en foto: Dawie Rontgen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page