Your Recipe Blog

DASSIE SE “MELTING MOMENTS”

DASSIE SE “MELTING MOMENTS”

  • Deeg:
  • 250 g sagte botter
  • ½ koppie versiersuiker
  • ½ koppie mielieblom (maizena)
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 teelepel vanilla geursel

Meng botter, versiersuiker en mielieblom saam. Voeg geursel by. Meng en voeg laaste die meelblom by.
Meng goed met hande.
Dis ‘n baie sagte deeg.
Sit in koekiedrukker en druk uit op bakplaat.
Bak ±10 minute op 160°C.

Nota:
As koekies uit die oond kom, pak ek dit op ‘n klam vadoek tot hul afgekoel is.

Versier:
Kersie moet op rou deeg gesit word.
Kan ook versiersuiker oor sif of die punte in gesmelte sjokolade doop.

Resep en foto: Dassie Meyer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page