DAPHNE SE BRANDRISSIESOUS
- 150 g rooi rissies
- 100 g knoffel
- 150 g sout
- 440 g suiker
- 2000 ml asyn
- 15 ml Worcestersous
- 100 g tamatiepasta
Gebruik vars ferm rissies. (Dra asb handskoene wanneer jy met rissies werk)
Spoel rissies af, verwyder stingels en kap grof op (oppas nou vir waar jy met jou rissie hande vat, jy gaan huil).
Kneus en maak knoffel skoon.
Voeg sout en suiker by die asyn en roer tot opgelos.
Voeg rissies en knoffel by bietjie van die asyn mengsel en “zirtz” met ‘n “stick/immersion blender” tot mooi fyn.
Alternatief verwerk rissies en knoffel in ‘n voedel verwerker tot fyn en meng by asyn mengsel.
Giet in ‘n groot genoeg gesterliseerde bottel, verseël en bêre op ‘n koel donker plek vir ‘n minimum van 2 weke.
Skud die mengsel so nou en dan.
Na die wag tydperk, “zirtz” die mengsel weer en giet in ‘n vlekvrye staal kastrol.
Bring tot kookpunt en voeg die worcestersous en tamatiepasta by.
Kook stadig vir so 10 – 15 minute.
Proe, kan nog suiker byvoeg volgens smaak.
Op die stadium kan jy die sous deur ‘n sif giet om die oorblywende pitte te verwyder (ek doen nie).
Laat afkoel en bottel in gesterliseerde sous botteltjies.
150 ml botteltjies werk lekker.
Notas:
Skaal die resep op of af afhangende van jou hoeveelheid rissies, 75 g is ‘n goeie begin.
Jy kan enige rissies gebruik, die langerige rooi variëteite werk goed.
Voeg gerus nog knoffel by as dit jou smaak pas.
Nogals baie sout, maar dit help met die preservering van die sous. Jy kan dit minder maak. Ek gebruik “Himalayan” sout of sout wat nie jodium by het nie.
Gebruik enige suiker (wit/bruin) of erythritol versoeter 1:1.
Wit druiwe- of wyn asyn. Ek het al “apple cider” en “balsamic” ook probeer, sal nie weer nie.
Voeg meer of sterker rissies by vir ‘n warmer sous. Jy kan ook die asyn EN sout verminder vir dieselfde effek.
Vir ‘n dikker sous voeg ¼ teelepel Xanthum Gum by of verminder die asyn EN sout. Xanthum Gum verhoed ook dat die sous skei.
Die sous is “shelf stable” en hoef nie in die yskas gebêre te word nie.
Resep geplaas deur en foto: Phillip Schoeman