Your Recipe Blog

DANNIEL SE CRAZY LEKKA KOEKSISTERS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 90 - 102

DANNIEL SE CRAZY LEKKA KOEKSISTERS

  • Stroop:
  • 3 kg (15 x 250 ml) suiker
  • 1,875 liter water
  • 500 ml gouestroop
  • 12,5 ml kremetart
  • Deeg:
  • 1 liter water
  • 50 ml kondensmelk
  • 1,5 kg (11 x 250 ml) koekmeel
  • 50 ml bakpoeier
  • 7 ml sout
  • 125 g botter of margarien
  • olie, vir diepbraai

Dag 1
Meng die suiker, water en gouestroop, roer tot gesmelt en kook dit vir 10 minute vinnig oor hoë hitte. Moenie roer ná die stroop begin kook het nie. Verlaag die hitte, voeg die kremetart by en laat dit vinnig deurkook. Giet die stroop in twee bakke, laat dit afkoel en plaas dit oornag in die vrieskas.
Dag 2:
Meng die water en kondensmelk. Sit die koekmeel, bakpoeier en sout saam en frummel die botter of margarien daarin. Sny die meelmengsel met ’n slaplemmes by die watermengsel in en druk saam om ’n deeg te vorm. Bedek die deeg met ’n klam doek en laat dit ongeveer 2 uur lank rus.
Rol gedeeltes van die deeg 5 mm dik uit op ’n meelbestrooide oppervlak, sny dit in stroke van 10 x 1 cm en vleg twee-twee stroke saam.
Verhit olie in ’n kastrol tot warm. Om vas te stel of die olie warm genoeg is: Gooi ’n stukkie deeg in en tel vinnig tot 10. Die deeg behoort dan op die olie te dryf. Bak ’n paar koeksisters op ’n keer in die warm olie tot goudbruin.
Skep dit met ’n gaatjieslepel uit en dompel dit dadelik in die yskoue stroop.
Plaas die deurweekte koeksisters op ’n draadrak in ’n skinkbord sodat die oortollige stroop kan dreineer.
As die stroop in die bak begin warm word, vervang dit met die ander bak koue stroop en verkoel weer die eerste bak stroop, tot nodig.
Nota:
Ek het agtergekom, maak nie saak of die stroop warm of koud is nie, hy suig hom nogsteeds lekker op.
En met hierdie resep vries hy net so lekker.
Kry so tussen 15-17 pakkies uit. Dit is nou sonder die “proesels” LOL. Dit kom uit op 90 – 102 koeksisters ongeveer.

Resep en foto: Danniel Kruger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page