DANIE SE LEKKER KITSPOEDINGTERT
- 1 pakkie sjokolade kitspoeding
- 1 pakkie vanilla kitspoeding
- 1 pakkie aarbei kitspoeding
- melk soos verlang vir kitspoeding
- 1 pakkie aarbei jellie
- 1 koppie kookwater
- 1 pak Tennisbeskuitjies
- 1 pakkie Orley Whip, verkil
- 1 pak Peppermint Crisp sjokolade, gekrummel
Maak elke pakkie kitspoeding aan met die melk volgens die aanwysings op die pakkies.
Maak die aarbei jellie met die kookwater aan en laat staan eenkant om af te koel. Dit moenie stol nie.
In ‘n diep glasbak, pak ‘n laag beskuitjies om die beurt met elke geur van die kitspoedings tot al die poeding op gebruik is.
Gebruik ‘n omgekeerde lepel en giet die aarbei jellie bo-oor die laaste laag kitspoeding.
Klop die Orley Whip styf en skep of spuit dit bo-op die jellie.
Laastens strooi die sjokolade bo-oor die Orley Whip laag.
Plaas die tert in die yskas vir ongeveer 2 ure voor opdiening.
Resep en foto: Danie Brits