Your Recipe Blog

DANIE SE BOBOTIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 min

DANIE SE BOBOTIE

  • 2 medium uie, fyn gesnipper
  • 25 ml botter (ek vat sommer bietjie olie)
  • 3 dik snye witbrood
  • 250 ml melk
  • 25 ml kerriepoeier
  • 40 ml appelkooskonfyt
  • 12.5 ml borrie
  • 25 ml blatjang
  • 200 ml asyn
  • 25 ml suiker
  • 5 ml fyn gemmer, opsioneel
  • sout, peper en Worcestersous, na smaak
  • 1 kg maalvleis
  • 2 eiers
  • 250 ml melk

Braai uie ligbruin in bietjie olie/botter.
Week snye brood in die melk, druk melk uit en voeg brood by uie.
Meng die res van die bestanddele (behalwe vleis, eiers en melk) by die uiemengsel en stowe stadig vir so 10 min.
Skep die kerriemengsel uit en hou eenkant.
Braai die maalvleis in dieselfde kastrol en voeg sout, peper en Worcestersous by na smaak.
Voeg die kerriemengsel by die vleis en laat kook stadig tot vleis gaar is. Roer af en toe.
Skep maalvleismengsel in oondbak.
Klits die eiers en melk en gooi egalig bo-oor.
Bak by 180ºC tot gestol, ongeveer 30 tot 40 min.

Resep: Danie Brits
Foto: Annie Williams

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page