DANEL SE TOFFIE APPELS
- 1 ¼ koppie strooisuiker
- ½ koppie water
- ½ teelepel kremetart
- waterbasis kleursel
Meng al die bestanddele in ‘n kastrol en verhit oor stadige hitte tot op 155°C. Moenie roer nie.
Borsel die kristalle aan die kant van die kastrol af met ‘n nat kwas.
Doop die appels vinnig in die stroopmengsel en sit op ‘n gesmeerde bakpapier.
Lewer ongeveer 5 toffie appels.
Die resep kan verdubbel word vir meer appels (9 – 10) afhangend van die grootte van die appels.
Die stroop kan ook gebruik word om suigstokkies te maak.
Resep en foto: Danel Jansen van Rensburg