Your Recipe Blog

DANABAAI SE GNOCCHI EN MAALVLEISGEREG

DANABAAI SE GNOCCHI EN MAALVLEISGEREG

  • 1 eetlepel botter of avokado olie
  • 1 koppie gerasperde gouda
  • sout en swart peper na smaak
  • 500 g maalvleis
  • 1 kaas Russian (in dun skyfies gesny)
  • ‘n handvol klein tamatietjies
  • 1 opgekapte ui
  • 1 eetlepel knoffel
  • soet roket
  • 2 diakon radyse – dun skyfies gesny (of gewone radyse)
  • 1 pakkie gnocchi (kettingwinkels)

Voeg die botter/olie in ‘n medium grote pan en braai die uie liggies, voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut.
Voeg die maalvleis, sout en peper, dun gesnyde Russian en tamaties by en braai tot gaar.
Voeg die gnocchi by en bedek die pan vir so 5 minute.
Voeg laaste die radyse (dun skyfies gesny) by.
Net voor opdiening sprinkel die kaas en roket oor.

Nota:
Indien beskikbaar – gebruik koud gerookte gouda gee dit ‘n baie lekker geurige smaak.

Resep en foto: Jan Salti Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page