DAIRY BELLE SE KARRINGMELKBESKUIT MET KLAPPER
Resep getoets en foto: Carina Vermeulen Bothma
Die beste en naaste aan egte karingmelkbeskuit. Ek gebruik die resep wat op die Dairy Belle boksie se sykant verskyn.
- 240 g klapper (3 x 250 ml)
- 2 kg bruismeel
- 600 g suiker (3 x 250 ml)
- 10 ml sout
- 500 g botter
- 3 eiers
- 2 x 500 ml karringmelk
- Sif die bruismeel, suiker en sout saam in ‘n mengbak en roer die klapper by die meelmengsel.
- Vryf die botter by die droë bestanddele in, totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
- Klits die eiers en karringmelk saam, giet dit by die meelmengsel en sny dit in die mengsel in en knie die deeg deeglik deur.
- Vorm die deeg in klein bolletjies en pak dit langs mekaar in voorbereide swart oondpan.
- Die bolletjies moet ⅔ van die hoogte van die pan wees.
- Bak die beskuit in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 1 uur.
- Keer die gaar beskuit uit op ‘n afkoelrak, bedek en laat dit heeltemal afkoel.
- Breek die beskuit in individuele beskuitjies en pak dit op bakplate.
- Droog die beskuit uit in die oond teen 100°C of minder, totdat dit heeltemal droog is.
- Nota:
- Die resep kan halveer word, dit werk goed. Ek gebruik melk ipv karringmelk. Die klapper gee die beskuit ‘n lekker smaak, dit proe nie na klapper nie.
- Notas vir ‘n sterker karringmelk smaak:
- Marina van Zyl:Ek bak karringmelkbeskuit, maar dit proe nie “karringmelk genoeg” nie. Ek weet nie of dit sin maak nie? Enige idees?
- Isabel Dames Tupper:Ek weet net 1 ding, as kind op die plaas het ons karringmelk nog klein stukkies botter ingehad en daardie beskuit het eenvoudig net ryker en lekkerder gesmaak.
- Amanda Scholtz Mostert:Al wanneer die beskuit regtig na karringmelk smaak, is wanneer jy by ‘n boer in die omgewing wat botter maak, regte egte karringmelk kan kry.
- Riana Vd Heever Walters:Ek gebruik helfte room en helfte amazi in my beskuit. Ek voegk 15 ml asyn by, al is daar nie klapper in die resep nie, voeg ek klapper by en 5 ml karamel geursel. Dit laat ruik die beskuit net anders.
- Ane En Okkie Brits:Bak met volroom maas. Karringmelk (aangesuurde melk) het nie smaak nie, het ek gevind.
Category:












