DADELPOEDING MET KLEWERIGE TOFFIESOUS
Resep en foto: Amanda Austen
- Deeg:
- 3 ml koeksoda
- 125 ml dadels, fyn gekap
- 30 ml margarien
- 10 ml gerasperde suurlemoenskil
- 500 ml kokende rooibostee
- 1 ekstra groot eier, geklits
- 250 ml sagte bruinsuiker
- 310 ml bruismeel
- 3 ml gemengde speserye
- Sous:
- 125 ml room
- 115 g botter
- 160 g ligte bruinsuiker
- 1 knippie sout
- 10 ml vanilla ekstrak
- Poeding:
- Voorverhit die oond tot op 180°C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
- Sprinkel die koeksoda oor die gekapte dadels. Voeg ook die botter en suurlemoenskil by en giet 250 ml van die kokende rooibostee oor. Laat staan 5 min lank.
- Meng die geklitste eier en die helfte van die bruinsuiker by.
- Sif die bruismeel en gemengde speserye saam. Meng dit by die dadelmengsel in.
- Giet die res van die 250 ml rooibostee in die voorbereide bak.
- Skep die beslag in die bak en sprinkel die res van die 125 ml bruinsuiker oor.
- Bak 45 – 50 min lank of tot gaar.
- Bedien saam met vla of klewerige toffie sous.
- Sous:
- Plaas die room, botter, bruinsuiker, en sout in ‘n kastrol.
- Kook oor lae hitte terwyl jy roer totdat die suiker oplos en die sous glad en effens verdik is (ongeveer 7 – 10 min lank).
- Verwyder van hitte en roer vanilla by, roer deur.
- Bedien saam met die poeding.
Category:


