DADELBOLLETJIES
- 230 g margarien
- 250 ml suiker
- 500 g dadels, fyn gekap
- 1 eier, geklits
- 100 g groen kersies, opgesny
- 100 g rooi kersies, opgesny
- 1 pak Mariebekuitjies, gebreek
- klapper
Verhit margarien en suiker saam.
Roer tot die suiker gesmelt is.
Verlaag die hitte en voeg die dadels en eier by, meng vinnig.
Voeg kersies en koekies by en meng goed deur.
Haal mengsel van die stoof af.
Skep mengsel in ‘n bak en laat afkoel in die yskas.
As mengsel afgekoel is, rol in balletjies en rol die bolletjies in klapper.
Bere in ‘n lugdigte houer.
Resep en foto: Amanda Austen