DADELBOLLETJIES
Resep en foto: Amanda Austen
- 230 g margarien
- 250 ml suiker
- 500 g dadels, fyn gekap
- 1 eier, geklits
- 100 g groen kersies, opgesny
- 100 g rooi kersies, opgesny
- 1 pak Mariebekuitjies, gebreek
- klapper
- Verhit margarien en suiker saam.
- Roer tot die suiker gesmelt is.
- Verlaag die hitte en voeg die dadels en eier by, meng vinnig.
- Voeg kersies en koekies by en meng goed deur.
- Haal mengsel van die stoof af.
- Skep mengsel in ‘n bak en laat afkoel in die yskas.
- As mengsel afgekoel is, rol in balletjies en rol die bolletjies in klapper.
- Bere in ‘n lugdigte houer.
Category:












