DADELBALLETJIES SONDER EIERS
Resep: Naudèa Visser
Foto: Heidi van Rooyen
- 250 g margarien of botter
- ¾ koppie suiker
- 500 g opgesnyde dadels
- 1 pakkie Marie beskuitjies, fyngemaak
- ¾ koppie klapper
- ekstra klapper om bolletjies in te rol
- Verhit margarien en suiker tot suiker gesmelt is.
- Voeg die dadels by en hou aan verhit tot dadels sagter is.
- Meng die klapper en beskuitjies in en meng goed.
- Haal van die stoof af en laat effens afkoel tot hanteerbaar.
- Vorm balletjies en rol in klapper.
- Bêre in lugdigte houer.
Nota:
Regte botter is maar die lekkerste vir hierdie bolletjies.












