DADEL-KOFFIEKOEK IN DIE MIKROGOLF MET ‘N KOFFIESOUS
Resep: Washielah Adams
Foto en aanpassings: Marlene Potgieter
- Beslag:
- 125 g dadels
- 1 ½ koppie koekmeel
- ¼ koppie suiker
- 1 teelepel bakpoeier
- 3 ml sout
- 15 ml koffiepoeier
- 115 ml water
- 120 ml olie
- 2 eiers
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- Stroop:
- ¼ koppie suiker
- ½ koppie kookwater
- 20 ml koffiepoeier
- Ontpit en kap die dadels op of gebruik saamgepersde dadels en plaas in ‘n bak of beker.
- Giet ‘n ½ koppie kookwater oor die dadels en mikrogolf vir 3 min, dit sal so “mushi” lyk, plaas eenkant.
- Meng die stroopbestanddele saam en mikrogolf vir 3 min, roer deur en plaas eenkant.
- In ‘n mengbak, voeg die meel, suiker, bakpoeier en sout saam, roer deur en plaas eenkant.
- Meng die koffie, kookwater, olie en eiers saam.
- Voeg dit by die meelmengsel en meng tot goed gemeng.
- Roer die dadelmengsel laastens by.
- Neem ‘n mikrogolfbak en skep die konfyt op die bodem, smeer dit eweredig oor die bodem.
- Skep die deegbeslag op die konfyt.
- Plaas die bak op ‘n onderstebo bord in die mikrogolf en mikrogolf vir 10 min op hoog.
- As dit nog rou is in die middel, plaas dit vir nog 5 min in.
- Verwyder die bak uit die mikrogolf en paas weer die stroop in die mikrogolf vir 2 min.
- Druk gate in die koek met ‘n stokkie of ‘n vurk en giet die sous oor die koek.
- Skud die koekpan en dop die koek op ‘n bord uit sodat die sous oor die koek loop.
- Nota: Marlene Potgieter
- Ek het hierdie resep oor die naweek probeer, 125 g saamgepersde dadels gebruik, en dit vir 12 minute in die mikrogolf op hoog gaargemaak (700W oond). Die tekstuur is soos koek en nie soos poeding nie, indien jy dit dalk meer soos ‘n poeding verkies, stel ek voor, verdubbel die sousbestanddele en gebruik 250 g dadels. Dis nie baie soet nie en baie lekker saam met vla.
Nota: Washielah Adams
Whala, jyt ‘n heerlike dadelkoek. Ja dis ‘n lang proses, maar dit is die moeite werd, geniet.
Category:












