Your Recipe Blog

DADEL- EN ROSYNTJIEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute

DADEL- EN ROSYNTJIEKOEK

Resep getoets en aangepas deur Rina Kleinhans
Mense hy lyk heerlik, ek het nog nie gesny nie, dit is ‘n soet koek, maar glo my, hy lyk heerlik. Dink saam met bietjie room sal dit ‘n wenner wees.

  • 200 g dadels ontpit en gekap
  • 100 g pitlose rosyne
  • 1 teelepel koeksoda
  • 250 ml kookwater
  • 10 rooi en groen kersies in vier gesny
  • 80 g gesoute botter, sag gemaak
  • 40 g bruinsuiker
  • 2 eiers
  • ½ teelepel, vanilla geursel
  • 190 g koekmeel
  • 1½ teelepels, bakpoeier
  • ½ koppie gekapte pekaneute
  • Sous:
  • 50 g gesoute botter
  • 150 g bruinsuiker
  • ½ teelepel vanilla geursel
  • 300 ml room
  • Voorverhit die oond tot 170ºC.
  • Spuit ‘n 20 cm (8″) losboom koekpan of vierkantige pan soos verkies.
  • Plaas die gekapte dadels en rosyne in ‘n bak, strooi koeksoda oor en voeg kookwater by, sit vir 15 minute eenkant om sag te word.
    Sodra dit sag is, druk die dadelsmengsel goed met ‘n aartappeldrukker of vurk (jy wil hê dit moet soos ‘n puree of pasta wees met min klonte – ek het dit in my voedselverwerker gesit) en sit dit eenkant. Voeg die kersies by en meng deur.
  • Plaas gesoute botter en bruinsuiker in ‘n bak en klits dit met die hand totdat dit glad en gemeng is.
    Klits eiers en vanilla by.
  • Sif die meel en bakpoeier saam en voeg by, meng tot dit deur gemeng is.
    oeg dadelmengsel by en meng tot dit goed gemeng is.
    kep koekbeslag in die voorbereide pan, maak die bokant glad en bak dit vir ongeveer 60 minute of totdat ‘n tandestokkie wat in die middel van die koek ingesteek is, skoon uitkom. Ek het na 40 min. foil oor die koek gesit, want hy was reeds donker.
  • Sous:
  • Meng die sousbestanddele in ‘n klein potjie en laat dit oor medium hitte prut.
    Sodra botter gesmelt is, roer deur en laat dit vir 2 minute prut. Hou die sous eenkant en maak seker dit is goed warm wanneer die koek uit die oond kom.
  • Terwyl die koek nog warm is (los dit in die pan), gebruik ‘n sosatiestokkie om 30 tot 40 gate in die koek te steek.
  • Skep helfte van die sous oor die koek, en help ook die sous op die kante in. Laat die koek vir 10 minute staan sodat dit in die gate kan intrek.
  • Strooi gekapte pekanneute oor, sny dit en bedien dit warm met meer sous bo-op of laat die koek afkoel tot kamertemperatuur en bedien met ekstra sous indien nodig.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page